Tag Archives: gedig

Kuiltjie

Sit die mens langs die stroom, die aroma van die boombas, die lag van jong kinders, sag, sit die mens en nabetrag, keuses wat wag voor oë wat jag, wat die onseker skag van die lewe wil verpas.

Sal die helder water die mens se voete was, skoon van ‘n dwaal deur donker as, sal die kinders se baljaar die mens nie steur maar die mens aanspoor om weer te probeer.

Vang die mens ‘n vlinder in die hand en staar die insek, dink verlies dink smart, maar laat gaan die ding, staan op en loop, sien, die vlinder was in groter nood.

Die stroom vloei voort, voetstoot en bloot, maar die mens is al ver, verlang nie na die stroom se moederskoot.

Advertisements
Tagged , , , , , ,

Kaapstap

Nooit sal die winterland, die winterland se oggend mis bank weg sink in die sand

Wat oor die poorte rol en ruk kom al lank en rustig met ‘n mik

Die son skyn stiltjies oor die rand, maar dit los geen skyn want die wolke is te fyn

My siel, die hinker na die bosveld seisoen, maar dit sak stiltjies weg soos ek in jou skadu roem

So se my groot klip, wat is jou toor, dat jy my in jou hart gestoor

Tagged , , , , , , , ,

Ek sit net hier

A piece of poetic prose in my native language. I apologise if you can’t follow

-Ek sit hier lanks die stroompie en suig my ‘n hartseer kuiltjie, tussen giggeltjies en baljaar spandeer ek my lekker herfs aand briesie.

Ek probeer onthou wat ek die Here wou vra, maar val dan maar terug op die ou verhaal, wat die keer weer met herhaalendheid die lug golwe in straal.

Maar dit is tog die keer bietjie anders, of dit die kinder laggies was, of die stroompie sag, is daar nou ‘n stadigge kruip in my gedagtes na iets waarop ek al lankal wag.

Die liefde is ‘n snaakse ding, mens is nog so rustig, en dan weer verwring, en nou is ek skielik weer diep kant toe gegooi. ‘n Skeptiese hoop, ‘n ding wat ek hier besef die naweek van Sy dood, is dat as ek nog so sal sit en tittewy, dan gaan my antwoord weer weg loop.

Tagged , , , , ,